
VOORDELE – ENKELLID
Doktersbesoeke 1
(by Fonds kliniek of gekontrakteerde paneeldokter)
10 per jaar, slegs by klinieke van die Fonds en by paneeldokter
Medikasie:
Slegs verkrygbaar van kliniek/paneeldokter
Tandartsbeskoek: 2
(dienste verkrygbaar by tandarts wat deur die Fonds goedgekeur is)
Enkelid R700
Die bogenoemde sluit in
- Trek van tande
- Stopsels
- Mondhigiëne
- Die herstel van kunstande (kunstande nie ingesluit by bogenoemde limiete)
Kunstande: 3
(dienste verkrygbaar by tandarts wat deur die Fonds goedgekeur is. ‘n Afhanklike is geregtig op 1 stel kunstande een keer elke 5 jaar) en word as volg gedek):
- Fondsgedeelte – 80%
- Lidgedeelte – 20%
Optiese Voordele: 2
(dienste verkrygbaar by diensverskaffer wat deur die Fonds goedgekeur is) Een bril per afhanklike elke 2 jaar en word as volg gedek:
- Oogtoets (een keer elke 2 jaar)
- Normale, nie-getinte lense
- Bifokale bril (leesbril)
- R600 bydrae tot die koste van die raam. Die lid is verantwoordelik vir die balans van die koste vir die raam en enige tint van lense.
Kraamvoordeel:3
6 addisionele GP besoeke per swangerskap per jaar.
Hospitaal voordele: 2
Dek koste van:
- Hospitaalkostes
- Medic Alert armband (een per afhanklike)
- Ambulanskostes
Enkelid R1800 per jaar
X-STRALE
Swart en wit x-strale word onder die hospitaallimiet gedek.
FISIOTERAPIE 3
3 besoeke per enkellid per jaar
6 besoeke per gesin per jaar
Swangerskapvoordeele 2
6 addisionele GP besoeke per swangerskap per jaar.
PATOLOGIE3
Basiese bloedtoets buite die hospitaal beperk tot R1 000 per jaar. Onderhewig aan GP verwysing.
VOORKOMENDE SORG3
Mammogramme: Limiet van R800 per begunstigde per jaar. Onderhewig aan GP verwysing en beperk tot een mammogram elke drie jaar.
Pap Smears: Een pap smeer vir vroue 16 jaar en ouer elke twee jaar.
- Hierdie voordele is beskikbaar vir ‘n lid na die seisoenale aflê of afleggings vir die res van die jaar, mits die lid vir ten minste 4 weke aan die Fonds bygedra het.
- Hierdie voordele is beskikbaar vir ‘n lid na die seisoenale aflê of afleggings vir ‘n tydperk van 2 maande, mits die lid vir ten minste 4 weke aan die Fonds bygedra het.
- Hierdie voordele is beskikbaar vir ‘n lid na die seisoenale aflê of afleggings.

Kroniese medikasie:
Behandeling en medikasie vir kroniese gevalle in terme van die Reëls van die Fonds.
KRONIESE MEDIKASIE VOORDELE 1
(medikasie moet verkry word van Fonds-
kliniek of goedgekeurde paneeldokter)
- Hipertensie (hoë bloeddruk)
- Asma
- Rheumatoïde artritis (Mediese Bewyse word benodig)
- Diabetes (Tipe 2)
- Kroniese Lugwegsiekte (Emfiseem)
- Epilepsie
- Ooraktiewe skildklier
- Bipolêre Gemoedsversteuring
- Jig
- Psoriase
- Beroerte
- Brongieaktase
- Kroniese Nierversaking
- Koronêre Hartsiekte (ook bekend as Isgemiese hartsiekte)
- Hiperlipidemie
- Sistemiese Lupus Eritematose
- Gloukoom
- Parkinson se siekte
- Addison se siekte
- Ulseratiewe Kolitis
- Diabetes mellitus (Tipe 1)
- Diabetes insipidus
- Kardiomiopatie
- Disritmieë
- Skisofrenie
- Chrohn se siekte
- Veelvoudige sklerose
- Hemofilie
- Hartversaking
